Karoo In Jou Knapsak - Funky Karoo

LOPOST0012

Our latest book, Karoo Keepsakes – A Traveller’s Companion to the Heartland of South Africa, was such a hit that we had it translated into Afrikaans for Karoo Space


 

 

 

 

melloThe translation was done by Melina Smit , a multi-talented writer-singer-teacher from Cradock. Her brief was to keep to the basic facts but write in her own idiom. I’m sure she invented new Afrikaans words as she went along, but it was all music to our ears.

 

 

 

Trojaanse tuin-kabouters?

In Februarie 2006 is ‘n Suid-Afrikaanse ouma in Nieu Seeland skuldig bevind aan dwelmsmokkelary nadat sy gevang is met vier tuin-kabouters propvol kokaïen gepak.

‘n Paar jaar tevore het nog ‘n ouma van Suid-Afrika ‘n padstal buite Jansenville in die Noorsveld Karoo oopgemaak, waar sy tuin-kabouters aan verbygangers verkoop het.  Sy’t ook witrotte geteel, hulle groen en rooi en geel gekleur en dan as kunstige knaagdiere aan verbygangers verkwansel.  Toe iemand eendag haar uitstal-kabouter steel, het mense van heinde en verre aangebied om dié kêreltjie te vervang.

Gerugte wat die rondte gedoen het, was dat die Franse Kabouter-bevrydingsbeweging, in ‘n middernagtelike klopjag, haar kaboutertjie gegaps het en die einste nag nog daarmee na Frankryk gevlug het.  Rondom dieselfde tyd is 100 tuin-kabouters uit die voortuine van die Franse stad Lyon bevry.  En die knapie uit die Karoo… het spoorloos in dié massa verdwyn.

loknap0003By ons in die Karoo is jy óf ‘n kabouter-liefhebber óf ‘n inkomeling.  Toe ‘n nasionale eiendoms deskundige huiseienaars gewaarsku het om hul tuinbewoners weg te bêre op skou-dae, het hy duidelik nie Karooënaars in gedagte gehad nie.  Hier is ons trots op ons tuinmensies.

Die Hoofindoena van tuin-kabouters vind jy oppad na die Groot Mariko, bo in Mampoer…..  Sy naam is Pieter Schwann en almal weet hy maak die allerbeste tuin-kabouters groot.  Mense van dié omgewing meen dat ‘n Schwann Kabouter altyd ‘n tuin sal vind in die Groot Karoo.

En die funkieste tuin-kabouter?  Dié eer behoort aan ‘n klein kalantjie wat in Calitzdorp, langs die R62, bly – en boogie - in die tuin van ‘n restaurant genaamd Rose of the Karoo. bly.

Sommer Uit Die Bloute

loknap0011

Rosmead was eens op ‘n tyd ‘n aan-die-gang klein stasiedorpie in die Groot Karoo, met brandstoftenks soos ‘n reuse basaar koektafel, ‘n rugbyspan om mee rekening te hou en ‘n beroemde biltongwinkel.

Toe kom “daai ding” mos uit die lug op 12 November 1972 en brand sommer nét sulke gate in die tennisbaan.

“Dit het oor die naweek gebeur,” vertel ‘n oud-onderwyser van die omgewing.  “Mense het ligte bokant die dorp gesien die Sondagnag.  Toe ons Maandag skool-toe kom, kry ons vyf groot gate op die tennisbaan waar die teer letterlik gesmelt was.”

Vandag is dié eens woelige standplaas ‘n klein gemeenskappie wat sukkel-sukkel om net weer voor te kom.  Die ou tennisbaan waar “daai ding” geland het, is net ‘n gebarste stuk teerblad, nou.  Die enigste teken van enigiets “uit die buitenste ruimte”, is ‘n graffiti griffel van ‘n alien se kop – maar dit herinner ook aan die Hollywood akteur Christopher Walken met ‘n styfgespuite perm.

LOWIND0027Sowel Karooboere as polisiebeamptes uit op landelike gevalle, sien gereeld oranje ligte wat soms skroomvallig, soms dartelend in die lug ronddans.  In 1975 het ‘n boer van Loxton vier ruimtewesens gesien in ‘n “snaakse soort karavaan” en by verdere navraag gesê hy onthou “hulle was maar aan die klein kant”.  En Williston, nie ver daarvandaan nie, bemark hulself as ‘n tipe VVV halfwegstasie.

Een ou wat nou werklik nie senuweeagtig raak oor ‘n paar ruimtelike besoekers aan die Karoo nie, is Fox Liedeboer, wat doer ver langs die Gamkapoort Dam bly.  “Ek sal nie omgee as ‘n vlieënde piering hier opdaag nie – veral nie as die passasiers vir my so dan en wan vars brood, ‘n Engelse koerant en ‘n liter melk saambring nie.”

Waar Die Gras Groener Is

loknap0010

Daar is 4 offisiële teorieë oor juis hoe die plaas Daggaboer nou eintlik aan sy naam gekom het, maar net een van hulle het enigiets met die kruid te make. Charl Pansegrouw, mede-eienaar van die Daggaboer padstal, op die Cradock- Port Elizabeth pad, sal met graagte dié staaltjies deel, wyl hy jou trakteer op hul legendariese gemmerbier of vars pynappelsap sampletjies.

Die padstal is 48km van Cradock geleë, op die N10, presies twee ure van Port Elizabeth af.  Daggaboer is wyd bekend vir sy skaapvelpantoffels, tuisgebakte pasteie, wildsbiltong en natuurlik Isobel Neetling se varsgemaakte melktert en smelt-in-die-mond lemon meringue tert.  Daar is ook ingemaakte lekkertes eie aan die Karoo soos Slaphakskeentjies (uitjies in ‘n matige mosterdsous), Boeremeisies (appelkose in witblits) en maar-natuurlik, Turksvystroop (dik turksvystroop, jirrlik op roosterkoek, wafels en selfs oor ‘n gebraaide steakie).

Toentertyd, in 1821, het die handels-avonturier, George Thomson “ingebreek” in ‘n plaasopstal suid van die Sneeuberge en vind toe dat daar “‘n billike hoeveelheid van die kruid genaamd dacha” aan die dakbalke hang.  Hy sê die dat die Boere self nie te veel van hul eie marijuana oes gebruik het nie, maar dit eintlik gekweek het vir hul Boesman slawe en Khoikhoi werkers.  “Dié wat oormatig daarvan rook word vinnig beneweld en sommige word selfs vir ‘n tyd heeltemal kranksinnig,” sê Thomson in sy boek Travels and Adventures in Southern Africa.

Noem jy dié reisverhaaltjie vir Charl Pansegrouw, sal hy net effe enigmaties glimlag en vir jou nog ‘n koppie ryk en sterk Mastertons koffie inskink vir die pad.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Comments 

 
#3 Dirk van Rensburg 2012-01-10 20:18
Karoospace is farout . Thanks
Quote
 
 
#2 2011-05-17 03:48
Neem my terug na De Aar,net een keer weer,net bom op die koppies te sit en droom van die ou dae nou lank verby,en om in te asem die ruik van die aandbloome in die skemer lig
Quote
 
 
#1 2011-03-17 22:11
Kan nie wag vir die afr uitgawe van karoo keepsakes
Quote